Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
Longacres Country Estate, Western Cape
Long Acres Bahamas Accommodation"Stil en rustig in die mooiste deel van die Weskus."
"Regte plattelandse dorpie met pragtige berge om na te staar! Mense met wie ons gesels het was regtig baie vriendelik en aangenaam. En beste van alles dit is naby genoeg aan Kaapstad tog vêr genoeg van die gejaag van die stad af."
"Stellenbosch is 'n baie goeie en gesiene plek alhoewel sommige areas nie altyd aan verwagtinge voldoen agv waar dit geleë is."
"'n Besoek aan die perlemoenplaas was 'n besliste aanwins. Daar is so baie plekke rondom Hermanus wat mens kan besoek. Ons dink daaraan om daar af te tree."
"Dit is 'n wonderlike plek om te kuier en vir vakansies al is dit net vir 'n naweek om 'n bietjie weg te kom vanaf die huis. Sal dit voorstel."
"Die verblyf waar ons gebly het was baie oulik, geen klagtes daaroor. Wat Lambertsbaai betref, ons het nie van die hoeveelheid bedelaars in die dorpie gehou nie. Daar het ook 'n paar verby die verblyf geloop wat uit die aard gebedel het. Dit is onaangenaam, omdat hul ook maklik in die verblyf kan inkyk. Dit is dus 'n steurnis aan jou rus en vrede. Ons het ook nie baie veilig in die dorpie gevoel wanneer ons daar rondgeloop of gery het nie. Ons sal nie weer daarheen gaan vir 'n vakansie nie."
"What a lovely little place away from the hustle and bustle of Mosselbay, although close enough to both George and Mosselbay if you wanted to do a little more site seeing. Tergniet is a little gem with the most spectacular view! "
"Beslis 'n plek om te besoek. Daar is baie besienswaardighede as 'n oud matie sal ek die dorp by almal aanbeveel. Daar is baie te doen tydens Woordfees, heerlike restaurante, wynroetes en studente atmosfeer. 15/10"
"Ongelukkig 'arm' aan winkels, waar nood kos items gekoop kan word, maar die omgewings is 'ryk' aan natuurskoon."
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Fantastiese bestemming. Huur 'n kajak voor Pearlys en roei om die eiland. Drink dan 'n bier by Pearlys en gaan eet pannekoek by Pancake Den so 'n ent in die straat op. 'n Besoekie by Mykonos en dalk so boot trippie maak vir 'n perfekte naweek."
"Baie lekker restaurante binne stapafstand. Naby aan die stad en goed geleë naby strande en toeriste plekke."
"Ek het nooit gedink Hoekwil het sulke mooi plekkies nie, maar is 'n mooi en rustige plek."