Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."
"Ons eerste keer in Kleinmond en definitief nie die laaste keer nie. Wat 'n pragtige dorpie met pragtige vriendelike mense."
"Klaarstroom het nie veel om te bied nie, want dis baie klein. Ons het by die hotel gaan kuier vir ontbyt en het dit baie geniet."
"'n Aangename plattelandse plek met heelwat restaurante en winkeltjies om te besoek."
"Daar is ongelooflik baie dinge om te doen en sien in en om Oudtshoorn. Dis werklik die moeite werd om daardie omgewing te besoek."
"Lieflike dorpie met baie oulike winkeltjies en eetplekke. Die koffiewinkeltjie is beslis die besoek werd! "
"Ons wou rus, saam met familie kuier en 'n mooi omgewing beleef. In die opsig het ons alles gekry."
"Feels like a very comfortable holiday destination, and everything you need for a stay. Pleasantly surprised as to how nice it was."
"Yzerfontein is besig om vinnig te verander, want elke keer wanneer ons die dorp besoek, is daar meer ontwikkelinge aan die gang. Maar Yzerfontein bly steeds die rustige, plattelandse kusdorp wat so baie bied. Daar is so baie plekkies om te besoek... Die tyd gaan hopeloos te vinnig verby wanneer jy daar besoek aflê."
"Stellenbosch is truly a beautiful place, the wine estates and the beautiful flowers make it so scenic and beautiful."
"Ons was baie beïndruk met die algehele skoonheid. Wonderlike restaurante in Riebeek-Kasteel. "
"Dit was hartseer om by die dorp se ingang op die R364 deur hope vullis gegroet te word. Die vullis word deur die hele omliggende gebied versprei en spoel selfs in die Jakkalsrivier en in die lagoon in."
"Vorm deel van die mooie Route 62. Baie mooi dorpie en restaurante."