Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Die voordeel van Port Owen is dit bied 'n volledige pakket, is naby klomp dorpe, Langebaan 40 km ver, St Helena 20 km, Vredenburg 20 km, Paternoster 35 km, Dwarskersbos 15 km, Jacobsbaai 28 km, Saldanha 30 km, so jy kan elke dag na 'n ander kusdorp ry en alles besigtig en al die eetplekke toets."
"Greyton is n pragtige dorpie om te verken. As jy nodig het om weg te kom uit die stad is dit die ideale plek om te besoek."
"Dis baie bedrywig maar pragtig. Nie die regte plek vir iemand wat rustiger wil ontspan nie. Die naglewe is ideaal vir die jonges. Die uitsig oor die see met Tafelberg en Robbeneiland bly onvergelykbaar. "
"Ongelooflik mooi en die hotel maak die lekkerste pizzas en het selfs vir my troeteldier bak met water gebring!"
"Die 'nuwe' Gin Bar is 'n moet, uitmuntende toevoeging tot die allegaartjie van goeie plekke reeds in die dorp."
"Strand is seker een van die mooiste strande waar ek al was. So gelyk. Die dorpie self is so ongelooflik veilig. Daar is nie sulke hoe heinings om die huise en strand woonstelle nie. Die mense is baie veilig. Ek dink dit word nie genoeg bemark nie. Die dorpie is net ver genoeg om te ry na Kaapstad en die Waterfront en ook na Stellenbosch. Baie sentraal."
"Mosselbaai self is 'n baie mooi stukkie natuur om te besoek en baie in die omgewing om te doen en te sien. Die ligtoring was 'n hoogtepunt en ook die Diaz museum! Sonsopkoms is asemrowend op die punt en mense van omgewing is baie vriendelik en meestal in Afrikaans begroet! Awesome!"
"Parkering is 'n groot problem en as jy daar wil eet in hoog seisoen moet jy vroeër in die middag gaan anders sal jy teleurgestel wees met die lang wagtydperk."