Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Oudtshoorn is beslis 'n besoek werd. Baie opvallend was hoe netjies en skoon die dorp is. Baie om te doen. 'n Nuwe hoogtepunt was die Zipline. "
"Die dorpie L'Agulhas is prentjie mooi met die mooiste uitsigte oor die see en ook van die ligtoring. Die ligtoring self en museum is 'n moet om te sien en te beleef. Sal graag 'n huisie daar by die see wil hê."
"Bettysbaai is my gunsteling dorp vir die feit dat strate on-geteer is, daar min winkels is en geen straatligte nie. Die see aan die een kant en die pragtige berge aan die ander. Die beste van beide wêrelde as jy n buitelig-mens is!"
"Wilderness is 'n wonderlike, skoon plek. Het baie veilig gevoel. Klomp verskillende eet plekke met fantastiese kos keuses. Sal definitief Wilderness aan beveel vir vakansie."
"Vermont is 'n pragtige kusdorpie en alles is binne bereik, soos winkelsentrums, strand en restaurante. Mooi staproetes en bergfietsroetes om te benut. Voorwaar 'n regte vakansiedorpie."
Longacres Country Estate, Western Cape
Kleine Aussicht"Baie rustig en stil. Nog in ontwikkeling maar het baie potensiaal. "
"Fantastiese omgewing natuurskoon asemrowend. Strande skoon en daar is lewensredders op die strande."
"Fantastiese vakansiebestemming! Baie toeriste gedrurende die feesseisoen."
"Absoluut fantasties - lekker sentraal tot wynplase, aarbei plase, lughawe, Kaapstad, aktiwiteite, see en strand. "
"Veilige stil buurt waar mens met gerustheid gaan stap of draf. Naby Tygerberg Mall."
"Museum was geweldig interessant. Veral ouer dame wat daar werk en vloedramp self beleef het, het vertelling nog lewendiger gemaak."
"Ons as gesin soek altyd verblyf in hierdie area met 'n see-uitsig. Ons kom van Noord-Wes en wil nie graag in ander geboue vaskyk nie."