Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Dis 'n lieflike plek met wonderlike natuurskoon en 'n pragtige landelike gebied wat dit omring. Die geriewe is goed en alle dienste is geredelik beskikbaar. Daar is ook baie besienswaardighede en gasteplase en onthaalgeriewe en sportgeriewe."
"Fantasties! Volgende jaar koop ek eiendom daar .Knysna is 'n fantastiese dorp."
"Die Spar wat so naby is aan Rhodes Lodge is baie gemaklik. Die buurt kom veilig voor en dit is gemaklik naby aan die sentrale deel van Stellenbosch. "
"In die somer braai die son mens ongenadiglik dus is die koeler maande beter om daar te vertoef. Mense is baie baie vriendelik en hulpvaardig.As mens 'n wyn-fundie is, is dit die omgewing om te verken. Naby die ander besienswaardige plekke soos Montague, Robertson, ens. Baie goeie eetplekke in die omgewing. Die klimaatsverandering gaan dalk vorentoe 'n groot beperkende invloed op die omgewing se natuur attraksie hê."
"Daar was meer rondlopers rondom die winkels as met ons vorige besoek in Kleinmond ."
"Paarl is rustige burg. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Die wyne is iets ysliks as mens dit wil doen en kopseerpille is gelukkig goedkoop.Ongelukkig is die verkeer in Kaapstad toe mal en openbare vervoer is onderontwikkel. Van die beste skole in die land is daar."
"Robertson was baie lekker en die mense is vriendelik. Ek het die lente skou vreeslik geniet. "
"Baie skoon omgewing met genoeg sekuriteit. Baie historiese aantreklikhede in stad."
"De wandeling naar de waterval is heel mooi. Restaurant Flavia is een aanrader."
"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."
"Paternoster is 'n uitstekende uitkoms uit die stad se gewoel. Hier kan jy rustigheid en die natuurskoon geniet."
"Lieflike plek! Lieflike mense. Ons hoor altyd rillerstories hoe duur kruideniersware by die see is, maar het dit glad nie so ervaar nie. Die kruidenierswinkel was met baie dag tot dag aankope goedkoper as wat ons in Pretoria betaal. En die lekkerste was dat ons ons taal kon praat in Hartenbos!"