Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Die diens van sekere kafees in die hoofstraat laat veel te wense oor. Diens in die Karoo Park is uitstekend."
"Die dorp self het nie baie opsies vir uiteet en inkopies nie. Peregrine padstal is wonderlik en sommer op die pad soos jy inkom. "
"Die Knysna Vleie vorm sedert 2009 deel van die Garden Route National Park. Die staproetes in die Inheemse Woud is magies. Toeriste kan dit gerus meer ontdek."
"Ek was nooit mal oor die Kaap nie, maar my besoek aan hierdie area het my begrip gegee vir mense wat vrek oor die plek. Blouberg is net ver genoeg uit Kaapstad om die gejaag vry te spring, maar nogtans net 'n halfuur of minder van die lughawe en/of stad af. Ek sal beslis weer in hierdie area oorslaap as ek die Kaap moet besoek."
"Ons het gegaan om te rus. Buite seisoen is al die swembaddens en supertubes toe. Ons het meer op die strand geloop en gery om walvisse te kyk."
"Gaan kyk gerus, kuier gerus, wees rustig en gesels met die mense van Lambertsbaai."
"Ons het al voorheen by Wildernis gebly en het daarom weer daar bespreek. Die 4 ster was net nie wat ons verwag het nie. Ons vorige ervarings was uitmuntend, asook al die eetplekke wat ons besoek het."
"Dit is in die walvis-deel en naby Kaapstad (een en 'n half uur) met die mooiste natuurtonele denkbaar."
"Vir enigiemand wat 'n middelpunt soek om die omliggende dorpe en besienswaardighede te besoek, is Lambertsbaai ideaal."