Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Dis lieflike, Afrikaanse mense. Die bote en vuilgoed in die see maak afbreek daaraan."
"My 1ste keer in Mosselbaai, was 'n vakasie wat ek lank sal onthou. Daar is soveel om te doen en pragtige uitsigte."
"Die Lenox kan aanbeveel word vir verblyf aangesien dit naby en loopafstand vanaf Kloof Straat is."
"Dis 'n goeie platform van waar jy die Overberg kan verken, veral die Hemel-en-Aarde vallei."
"Ons 4de besoek. Klein, min mense, veilig, met eetplekke en basiese kruidenierswinkels, en brandstof. Goeie groter dorp (Heidelberg) naby. Verskeie swemopsies; strandmeer, swemstrand, getypoele. Lieflike stapopsies en natuurskoon."
"Plakkerskamp (laekoste behuising?) in wording by uitgang van Gansbaai op pad na Franskraal is baie kommerwekkend en onooglik. Wou so graag in Franskraal gaan aftree, maar dis nou 'n risiko met die behuising in wording daar, want huispryse gaan definitief daal."
"Wow, 'n fantastiese bestemming. Die veiligheid en rustigheid is uiters belangrik en ons geniet dit verskriklik. Ek sal beslis vroegtydig bespreek vir langer verblyf. Ek beveel dit aan vir enige vakansie. Dis pragtig, skoon, natuurskoon. Kombineer die oseaan met die plante en diereryk, is Yzerfontein beslis 'n wenner. 100% vir Yzerfontein. Dit was fantasties!"
"Die dorpie is bitter klein en geweldig warm. Dit het potensiaal - sou great wees as daar in die toekoms 'n ordentlike geskenkwinkeltjie en koffieroosters kon wees wat ook lekker bistro-tipe kos verkoop. 'n Lekker roomyswinkel sou beslis ook 'n wenner wees!"
"Baie potensiaal, maar sommige toeriste-areas is swak versorg en selfs grillerig. Ander is wel aangenaam om te gebruik. Lekker naby ander stranddoorpe en winkelsenteums."