Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Barrydale is 'n pragtige dorpie en 'n fotograaf se droom. Die dorpie is vol pragtige huisies met yslike agterplase, elk met 'n stukkie boord of wingerd. Op die Route 62 is restaurante om van te kies en te keur. Dit voel kompleet of ons in 'n ander land was."
"Baie geniet. Mooi en rustig. Die werk aan die paaie is egter 'n frustrasie. Die borde wys nie baie mooi die alternatiewe roete aan nie. As jy nie die omgewing ken nie, gaan jy sukkel om by jou bestemming uit te kom. GPS help nie veel as die paaie toe is nie. Sal wonderlik wees as die padaanwysings beter is. Die plek is egter pragtig. Boesmanland plaaskombuis is 'n moet vir besoekers. "
"Heerlike, rustige dorpie. Die strand is erg vol skulpe wat dit moeilik maak om daar te loop."
"Beach nice. Can go for walks/jogs. Quiet place but close enough to Cape Town if one wants to "jol".. "
"We didn't venture out much to town. We were quite happy to stay by the beachfront. "
"Baie mooi rustige plekkie, stil en stemmig met vriendelike mense en pragtige omgewing."
"'n Deel van Knysna wat jou rustig laat voel, weg van al die gewoel. 'n Veilige gedeelte waar jy buite kan sit en selfs met jou hond kan gaan stap."
"Sandbaai is naby genoeg aan Hermanus, maar ook ver genoeg weg van al die gewoel. Dis 'n ideale plek om te gaan rus."
"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "
"'n Plek waar tyd geëts is in die grond, berge, riviere, reuk, son, bome, wind en lug. 'n Natuurskoon so rou en eg dit word deel van jou asemhaling. As jy nie jouself hier kan vind en een word met wie jy is nie, sal geen ander plek op aarde of ervaring dit kan regkry nie. 'n Bestemming net duskant die hemel. Die Swartbergpas is 'n natuurwonder op sy eie en 'n reis hierdeur is helend vir die siel."