Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Brackenfell is nie te ver van die stad nie en is 'n rustige, kalm omgewing. Idiale plek om van die stad se lawaai af weg te kom."
"As jy van goeie wyn en olyfprodukte hou, is dit 'n baie goeie plek! Baie te sien en doen in omliggende plekke soos Darling .Toffiefabriek, kaasfabriek, bierbrouery en wynkelder. Heerlike eetplekkies. "
"Die rustigheid en oorspronklikheid, asook vriendelikheid van die mense in die Vallei, staan uit. Die verskeidenheid eetplekke is ook 'n pluspunt. Sal weer gaan."
"'n Baie rustige kusdorpie met uitstekende restaurante. Daar is ook pragtige staproetes langs die kuslyn. Alhoewel ek nie self probeer het nie, glo ek daar kan ook visse gevang word. "
"Padwerke vanaf Kalkbaai na en van Vishoek 'n nagmerrie. Sedert laas besoek gevind Vishoek se strate heelwat skoner. Dankie vir julle SMS en opvolg."
"Toerisme is ooglopend baie belangrik vir Clanwilliam wat werklik 'n natuurskoonheid het wat baie aantreklik is. Ek twyfel of die dorp sonder toerisme 'n goeie toekoms het om te ontwikkel in 'n bestemming waar mens graag wil wees en woon. Dit is om dié rede dat gastehuise so 'n belangrike rol speel. Die munisipaliteit en die inwoners speel 'n groot rol om die dorp skoon en veilig te hou sodat dit 'n gewilde bestemming kan wees. As die toeriste kom, trek die plaaslike bevolking voordeel daaruit."
"Nie seker of ek daar sal kan woon nie, maar sal daaraan dink vir vakansie of wegbreek."
"Dis 'n lekker plek. Het ongelukkig nie genoeg tyd gehad om die meeste daarvan te maak nie."
"It is an excellent place to go if one wants to relax and take long walks along the beach. The fish shop serves lovely fish and chips."
"Lambertsbaai is 'n baie mooi dorp en baie stil. Sal enige tyd weer gaan. Ek wonder of daar dalk 'n moontlikheid is dat hulle die grondpad vanaf Lambertsbaai na Vredendal kan teer, want ons moet baie ver om ry - Clanwilliam om. Ons sal dan dus baie besoek doen aan u dorp."
"Ons het in die verlede al deur Paternoster gery net om te sien hoe dit daar lyk, maar nog nooit daar vakansie gaan hou nie. Hierdie keer het ons egter besluit om daarheen te gaan. Dit was so lekker, die mense is vriendelik, die blomme Tieties baai se kant toe was pragtig. Soos al ons vakansies in die Kaap sal ek Paternoster ook by my lysie sit."
"Vir iemand wat hou van dit wat oud is en die geskiedenis daarvan sal ek Beaufort-Wes aanbeveel."