Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"A.g.v. konferensie se vol program nie regtig tyd gekry om rond te beweeg en plekke te besigtig nie. Dankie vir puik diens."
"Kleimond is 'n baie gepaste dorpie naby die see vir toeriste wat wil wegbeweeg van die bedrywige stadslewe, daar is baie mooi staproetes en dit is veilig."
"Oudtshoorn bied baie vir die besoeker, baie besienswaardighede binne bereik."
"One of the most beautiful towns in the province and it is clean and safe. Great restaurants, friendly people and the scenery on the Swartberg Pass something not easily described - a MUST see. Many attractions in the area and Prince Albert is surely worth more than one visit. When we visited the town it made us proud to be South Africans!"
"Dit was ons tweede besoek aan Riebeek-Kasteel. Dit het gevoel asof ons nie regtig in Suid-Afrika is nie. Suid-Afrikaanse eetplekke en etes skaars. Vreeslik Engels met musiek hoofsaaklik Frans en Duits. Ek persoonlik het 'n bietjie ontuis gevoel in my eie land."
"Sentraal geleë met pragtige uitsig oor die baai en berg sonder die sameloop van te veel mense."
"Nie genoeg vir kinders om te doen nie al is daar strande. 'n Lekker warm swembad in die winter sou lekker gewees het soos by Club Mykonos maar dit is net vir members only."
"Die Strand het die mooiste uitsig ooit en veral die sonondergang in die somer. Oorseese toeriste is beslis baie welkom. Kaapstad is maar te alle tye die beste ter wêreld. "
"George is 'n dorp waar jy die gevoel kry dat die infrastruktuur onderhou word. Hier is mense aan stuur wat omgee. Alles is skoon, daar is orde en die mense is vriendelik en gasvry."
"Paternoster is 'n besondere bestemming wat bekoring inhou. Die mense is vriendelik. Baie lekker restaurante. Interessante plekkies om te besoek soos At Botha se studio. Gaan kyk ook na omliggende plekke soos Velddrift en Tietiesbaai."
"We loved Montagu. There was too much to do and see in one weekend. We'll definitely be returning for more."
"Vir 'n natuurliefhebber is daar soveel om te doen - ons was by die Rus en Vrede-waterval, die Meiringspoortwaterval, die Raubenheimerdam, Swartbergpas, die Cango Wildlife ranch, De Rust en die beste van alles, die Magical Red hills van die omgewing. "
"Dis 'n baie mooi area, sal weer binnekort besoek."
"Mossel Bay as a destination was a pleasant surprise and offered lovely walks and restaurants etc. Very mild climate. Also very close to George and Wilderness. Would love to return."