Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Mosselbaai en Danabaai is pragtig en uitstekende vakansiebestemmings."
"Prins Albert is werklik die moeite werd om self drie nagte te spandeer, ons het die aandmark bygewoon en daar geëet - danksy Megan wat ons ingelig het - en sommer deel geword van die permanente inwoners. Die atmosfeer en die samehorigheid was heerlik vir stadsjapies om te ervaar. Ons het ook die Amanda Strydom vertoning bygewoon in die pragtige teater! Voorstel - besoek die dorp oor 'n naweek sodat jy die oggend- en aandmark kan meemaak. Die inligtingsburo is behulpsaam en die karate heel skaflik. "
"In Beaufort is 'n heerlike tuisnywerheid met allerlei lekkernye. Het heerlike bobotie asook lekker appeltert, custard slice en caramel horinkies gehad. Tessie se tuisnywerheid, het deelgeneem aan Kokkedoor 2014. Kan dit beslis aanbeveel."
"Ons het absoluut verlief geraak op die dorpie, en daarom byna nie lus om die dorp te "adverteer" nie. Dit sou so jammer wees as die karakter van die plekkie sou verander. Ons het die dam buite die dorp besoek, en stel voor dat die brosjure aangepas word, aangesien die pad daarheen beslis nie deur 'n gewone motor bereik sal kan word nie. Daar is ook geen aanwysingsborde binne die Cape Nature gebied nie."
"Het dit baie geniet, onthou net dis platteland, die strate word defs na sekere tye opgerol en gebêre."
"Dorpie is pragtig en mense baie vriendelik! Wens die plek kan die "klein dorpie" gevoel behou."
"Dit is werklik 'n plekkie waar 'n mens kan ontspan en die ongereptheid van die natuur kan geniet! Verfrissend."
"Lekker ontspanne dorp met baie vis, naby De Kelders, Kleinbaai ens. Gansbaai is 'n besoek werd."
"Ons is vir baie jare vertroud met Hermanus, dit het lekker koffiewinkels en eetplekke en gedurende wintermaande is dit heerlik stil. "
"Baie vriendelike mense. Lekker eetplekke en besienswaardighede. "
"Moeilik om te se want ons het op 'n Sondag in winterseisoen daar aangekom, en amper alles was toe gewees. Die restaurantjies op die Route 62 pad is baie oulik en beslis iets om te besoek."
"'n Groot gerieflike dorp waar mens alles kan kry wat jy moontlik nodig sou vind."