Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Daar is nie veel te doen in Klaarstroom nie, maar dit is deel van die betowering. Die sterre is so helder dat dit voel asof jy daaraan kan raak."
"Die strande is absoluut asemrowend mooi, maar daar is 'petty theft'. Ons het nie onveilig gevoel nie, maar diefstal was nie lekker nie."
"Pragtige Klein Karoo-dorpie met baie bekoring! Ek sal graag effe langer hier wil deurbring volgende keer. PS - boek restaurante vooruit, hulle raak vinnig baie vol."
"Spookhuistoertjie was heerlik en die klein kerkie 'n bonus. Die Koffiehuis se kos was baie droog en lank voor die tyd gemaak, dit was sleg om eerlik te wees, moenie daar iets eet nie."
"'n Lekker plattelandse Weskusdorp, 'n lekker strand met rotse en lekker swemplek en kan lang ente langs die see stap. Alles baie netjies en skoon. Genoeg groter dorpe naby vir aanvul van aankope."
"Ons het gebruik gemaak van die MyCiti-bus wat voor die blyplek was en dit was gerieflik om nie te bekommer oor verkeer en parkering nie."
"Franschhoek is een van die mooiste plekke in ons land. Die mense is vriendelik en die dorp is skoon en het baie lekker eet- en kuierplekke."
"Redberry Farm and Travel Museum was the best tourist attractions. Lovely beaches to visit are Victoria Bay, Glentana, Harold's and Wilderness."
"Raak baie besig gedurende die seisoen, maar ons is al gewoond daaraan. Dit bly steeds 'n voorreg en 'n belewenis om die lagoon te deurkruis met 'n boot. Dit is hoekom ons Langebaan toe kom."