Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Hierdie was sekerlik die jaar om blomme te kyk. Ons het Weskuspart en die Biedouwvallei besoek en die Sederberge. Geslaap in Makarios B&B, Paternoster Place en in Mount Ceder. Alles prentjiemooi! Vriendelike, hulpvaardige personeel. Clanwilliam se info-sentrum ook puik. Vanuit die Sederberge deur die Overberg gery. Die landerye vol canola en koring is 'n fees vir die oog. My hart sing, die Wes-Kaap het pers berge en is in goud gebaai."
"Verruklik mooi, asemrowend, beeldskone omgewing en Saronsberg is die mooiste wynplaas."
"Apart from the flowers in season, the mountain passes are spectacular and the scenery is amazing."
"The new coffee shop at the top of York street was perfect for our work away from workspace. Streets are quiet and service was good everywhere."
"Ons was daar vir die Namakwaland se blommetyd. Ons het weliswaar 'n paar reën en koue dae beleef, maar andersins was die blomme pragtig."
"Hier is genoegsame inkopieplekke. Vleis en kos. Moenie bekommer oor diens nie, elke plek waar jy kom is net die beste. Dit is een van die skoonste kuste en is ideaal om jou siel te kom skoonmaak. Slaap, lees, duik en visvang moenie verwag vir stad se gejaag nie. Hierdie is 'n afpak- en rus-area. Skoon lug en terug na die aarde vir ons gejaagdes van die stad af."
Great Brak River, Western Cape
Dwarswegstrandoord"Groot-Brakrivier is sentraal geleë tussen Mosselbaai, Oudtshoorn en George. Perfekte langs die seevakansie tuiste met lekker stappies op die strand indien jy nie wil uitry nie."
"Velddrif is sentraal in die streek en is dit maklik om in enige rigting te ry om plekke en veral blomme te besoek."
"Die Weskus is natuurlik uniek, maar dis nie alle reisigers wat daarvan sal hou nie. Ons het spesifiek vir die blomme gegaan en hierdie keer sommer baie sneeu as toegif gekry. Aangename gasvrye mense weg van die gewoel van gebiede wat digter bevolk is."
"Die koringlande is grasgroen gedurende September en die Canolalande is geel in die blom."