Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Marloth Park is 'n natuur- en diereliefhebber se droom, met pragtige uitsigte oor die Krokodilrivier en reg oorkant die Krugerwildtuin. Ideaal vir kort dagbesoeke."
"Ons was by die leeu park in Marloth en gehoor daar is net 3 leeus sal daarvan hou as daar meer was en dit sal ook meer mense lok. Verder is Marloth 'n baie mooi plek ons wil nou ons eie stukkie grond daar koop of 'n huisie."
"Pragtige omgewing met genoeg dierelewe (klein en groot) om kind en ouer vir lank besig te hou. Die stilte en rustigheid van die omgewing laat jou toe om te ontspan, en wildlewe vanaf jou voorstoep af te geniet."
"Wonderlike omgewing gevul met natuurlike elemente. Perfekte plek vanwaar die Krugerwildtuin toer. Pragtige uitsig oor die rivier en die wilde diere. Pragtige wild ilfe loop verby wanneer jy jou oggend tee drink."
"Marloth is regtig stunning, ons het ons gate uit geniet en het regtig baie wild gesien, my man lanklaas so uitgerus en ontspanne gesien, baie, baie dankie vir die wonderlike plekkie wat julle het."
"Baie ruim en woon-eenhede baie privaat en kan lekker ontspan sonder dat bure jou pla. Grondpaaie kan dalk aandag geniet."
"Marloth Park is 'n baie oulike toeristebetemming maar ek dink daar is te veel loslopende mense wat rondloop."