Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 774 reviews.
"Nie 'n plek nie vir "shopping" nie, maar vir natuurliefhebbers, fotograwe en "sporty people". Min plekke om uit te gaan vir etes. Victoriabaai het 'n wonderlike strand wat nie almal weet nie."
"I would happily relocate, if my family were closer! Crime does not seem to be as huge reality or issue as it is here in the Western Cape farming area of Grabouw."
"'n Pragtige deel van ons mooi land. Skoon en netjies met 'n wye keuse van eetplekke en aktiwiteite."
"Wildernis is 'n baie gewilde vakansiebestemming en die strande is 'n besoek werd."
"Dis 'n pragtige omgewing en ons het heerlik in 'n plaaslike restaurant geëet."
"Die uitsigte is asemrowend. Baie om te doen en naby verskeie gewilde plekke."
"Die natuurskoon is wonderlik. Ook lekker skoon uitgestrekte strande. Naby aan ander dorpe wat dag uitstappies baie gerieflik maak. Sal altyd weer teruggaan. "
"Vandat ons Desember daar vakansie gehou het, wil ons self graag ‘n huis daar koop! Dis ‘n wonderlike bestemming met ‘n skoon wit strand wat aangaan en aangaan. Die seewater is lekker warm. Die dorpie is ideaal vir vakansiegangers wat wil wegkom van hustle en bustle, maar is ook naby genoeg aan George sou jy die winkelsentrum wil besoek."
"Die verkeer is 'n nagmerrie op die N2 en daar is nie regtig 'n veilige swemstrand nie. Die hekke was gesluit so ons kon nie van Wildernis die see bereik sonder om te ry nie. Bou ten minste 'n veilige voetoorgang oor die N2 om by die see uit te kom."
"Ons gaan elke jaar, elke jaar is ons nie teleurgesteld nie. Net nog een van SA se beste bestemmings!"
"Wilderness is 'n wonderlike, skoon plek. Het baie veilig gevoel. Klomp verskillende eet plekke met fantastiese kos keuses. Sal definitief Wilderness aan beveel vir vakansie."
"Fantastiese omgewing natuurskoon asemrowend. Strande skoon en daar is lewensredders op die strande."
"Wildernis is 'n uitstekende toeristebestemming met baie goeie restaurante en koffiewinkels wat loopafstand is, mooi strande en asemrowende natuur reg om die dorp!"