Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 774 reviews.
"Absolutely love Wilderniss and its beach. We had dinner at the Blue Olive restaurant and were greeted and served warmly by the staff."
"Ek onthou nog hoe heerlik mooi en rustig dit 25 jaar gelede was. Vooruitgang is wonderlik, maar as ek na al die gastehuise en die beskikbare vakansie-akkomodasie kyk, wonder ek of mens in die vakansie-seisoen daar sal kan asemhaal. Op George is daar 'n klein Italiaanse eetplekkie wat na my oordeel van die heel beste ontbytspyskaarte in die land aanbied."
"Buiten vir Nuwejaarsverstoringe en oorstrominge van besoekers op Wildernis-meer, wat nie inwoners of vakansiegangers insluit nie en sodoende veroorsaak dat winkels en restaurante sluit op 31 Jan, is dit voorts 'n plesier in Januarie om daar vakansie te hou. Heerlike warm seewater, nabygelee winkels, uitstekende restaurante en kos, asook stapafstand van strande, die Wildernis-meer, kanovaarte ens. "
"Fijne plek om in de golven te spelen, verschillende fijne stranden in de buurt en een waterval waar je naar toe lopen en bij zwemmen. Heerlijk!"
"Gehou van die beheer oor die massa mense wat by die strande wou uitkom. Die strand is gereeld gepatrolleer deur die SAPS. Elke dag was daar skoonmakers om die strand skoon te hou."
"Wildernis het iets van alles! See, woud, avontuur, geskiedenis, lekker restaurante, mense van alle paadjies van die lewe! "
"My eerste kuiertjie in die Garden Route, en Wildernis was beslis my hoogtepunt. Dis absoluut perfek, oorweeg dit selfs om te verhuis."
"Wildernis is 'n awesome area om in vakansie te hou, die beste restaurante om in te eet van ontbyt tot aandete. Cocomo restaurant was een van ons hoogtepunte gewees, great kos, waiters wat hul werk en menus ken, almal is vriendelik en net 'n plesier."
"Dis 'n hidden gem! Sulke heerlike restaurante en 'n baie lekker vibe. Bespreek net orals vir ete, want dit raak nogal vol."
Wilderness Heights, Wilderness
The Wallow Guesthouse"Baie mooi omgewing met ver uitsigte oor die oseaan. "