Verified Reviews
Williston
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Williston
Rated 4.1 out of 5 based on 180 reviews.
"Pragtige dorpie, met 'n weerhaan op kerktoring! Vriendelike mense! Lekker geëet by Manna restaurant, skoon en baie netjies."
"We went to Williston because we wanted to get away from the Hermanus weather and as Williston is in the Northern Cape it was a good decision. Nice and hot. Only negative was being pestered all the time by the non whites for money. It was from small children to adults. They were not interested in food donations."
"Baie oulike en netjiese restaurant in die hoofstraat! Heerlike kos en atmosfeer."
"We had a meal at Manna Restaurant - excellent meal and friendly service. Value for money."
"Trotse, skoon, netjies en interessante karoodorpie. Ons het teen die koppie om uit te klim en na die mooiste sonondergange te kyk. Baie lekker geëet by Manna restaurant. "
"Jammer die Williston "Mall" was reeds toe maar 'n baie interessante bemarkingsidee."
"Buiten Williston Mall is daar nie veel te sien of doen in die dorp nie en langer as twee dae se verblyf mag dalk langdradig begin voel. Dit is wel die perfekte plek as jy vir 'n paar dae wil verdwyn."
"As toeristebestemming is daar nie veel nie, maar as 'n tussenstop tussen Gauteng en die Weskus is dit ideaal. Die plek Karusaf op die dorp verkoop die lekkerste skaapvleis wat ek al ooit geëet het."
"Besoek gerus die Manna Restaurant. Fantastiese Karoo-kos geniet. Was totaal verstom om 'n so 'n gehalte restaurant in die middel van die Karoo te ontdek."
"Ons doen elke jaar 'n padvat van 5 000 km op die langpad deur die Kaap se vlaktes en bly ongeveer op nege plekke. Het al ontdek dat die klein, amper vergete dorpies die plekkies word wat ons nooit vergeet. Williston is een hiervan wat verras met sy mense, skoon strate, pragtige kerk en vetplant doolhof. Dis hier wat jy moet stop."
"Aangenaam verras deur die uitstekende kos en diens by die Manna Restaurant. "
"Ons het die gevoel gehad dat die dorpje nie mooi wakker is nie. Hulle kan baie meer maak van bv. die AfrikaBurn-gangers (soos wat ons was), wat daar oornag op pad na die Tankwa. Dit is 'n strategiese oorslaap vir AfrikaBurn. Dit behoort ook so geadverteer te word. Ons het by Manna Restaurant geëet, deur die eienaar aanbeveel. Dit was wel goed, maar ons was die enigste mense daar. Miskien word Manna ook nie so goed adverteer nie? Die hele Williston ondervinding kry nie meer as 6 uit 10 nie. Ek is eghter oortuig die potensiaal is daar vir 'n 8! "