Geverifieerde Resensie
Windhoek
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Windhoek bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 96 resensies.
"So much to do in and around this city. Definitely worth a visit. So different from the rural areas."
"Windhoek is netjies en skoon en die inwoners is oor die algemeen baie vriendelik."
"Hierdie stad bied jou 'n klomp restaurante om by te gaan eet. 'n Besoek aan die Superspar in die Maerua Mall is 'n absolute moet. Hul Duitse deli met goed soos kouevleis, wors en vele ander Duitse produkte is eenvoudig net lekker. Eet sommer ontbyt of middagete daar in hul restaurant ook."
"Windhoek is 'n pragtige toerismebestemming met alle geriewe en alles wat jy nodig het. Windhoek is 'n veilige stad en kan jy orals beweeg."
"Windhoek per se het slegs 'n paar plekke om te besoek. Indien jy regtig in Windhoek wil vakansie hou, spandeer jy tyd in die direkte omgewing by reservate en natuurbesienswaardighede. Behalwe vir goeie restaurante en 'n paar standbeelde is Windhoek nie regtig 'n toerismebestemming nie."
"Wees bedag op die boemelaars wat geensins nee vir 'n antwoord vat nie en orals is. Ek sal nie sommer weer in Windhoek oornag nie, eerder plekke buite die stad besoek."
"Lovely museums, restaurants and activities. Felt very safe throughout my stay."
"Windhoek is 'n pragtige stad, bergagtig, omring en deurkruis met heuwels. Daar is heelwat museums en karaktervolle geboue. Ook inkopiesentrums. Maar om net deur en om die stad te ry is 'n belewenis! Die Daan Viljoen park gee pragtige uitsigte oor die stad, en die bosveld-omgewing is regtig pragtig."
"We love Namibia and Windhoek has so much to offer. Especially Joe's Bierhaus is worth a visit."
"Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Vervoer was ook nie juis 'n probleem nie"
"Wonderlike ligging in die middel van die pragtige bosveld rondom Windhoek. "
"Windhoek is 'n pragtige, skoon, en veilige stad, tussen die koppe en randjies van die omgewing geleë. Daar is heelwat restaurante en besienswaardighede om te besoek en te beleef."
"Windhoek is 'n lieflike plek, maar baie bedrywig. Ek verkies Swakopmund as toerismebestemming."
"For us as a travel destination, we prefer the nature side of Namibia, but for a quick stop, we found Windhoek easy to locate for things that needed to be done."