Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 1417 reviews.
"Restourante nie maklik beskikbaar nie. Kaijaiki uitstekend. Meeurots swak indruk geskep vir verwelkoming. Met navraag het kokke en kelners almal by tafels gesit en geen moeite gedoen om op te staan nie. Ons het toe omgedraai en verder gesoek. Yzerfontein is beeldskoon maar bitter stil. Goeie oorslaapplek vir omgewingsverkenning."
"As jy wil wegkom en langs die see ontspan is dit die plek om te wees! Stil en rustig!"
"Yzerfontein is 'n baie stil area. Die mense wat in Yzerfontein woon is baie vriendelik."
"Pragtige, stil kusdorpie waar 'n mens lafenis vir jou siel kan vind, terwyl jy die vars seelug in asem."
"Meer toevoeging van 'n winkelsentrum sodat toeriste 'n verskeidenheid van keuses kan hê."
"Die dorp kan beslis doen met 'n motorwerktuigkundige. Ons motor het meganiese probleme ontwikkel en moes ons noodgedwonge aansukkel Darling toe vir 'n motorwerktuigkundige. Dit was egter 'n gedwonge seëning aangesien dit ons die geleentheid gebied het om die vriendelike mense van Darling te ontmoet. Terselfdertyd het ons sommer ook "Evita se Perron" besoek. Wat 'n voorreg was dit nie!"
"After coming from the hustle and bustle of Langebaan, Yzerfontein was a breath of fresh air - simply beautiful with lots of quaint and quirky places to explore."
"Yzerfontein is 'n pragtige en rustige dorpie. Dit het die mooiste skoon wit strande en vir ons was 'n groot geluk om baie swart oestervangers te sien. En natuurlik 'n volstruis wat rondgepik het op die duin skuins voor ons woonstel. Dit het 'n supermark met goeie bakkery en slaghuis, vulstasie, snuisterywinkeltjies en restaurante. Dit is naby aan ander Weskusdorpies, nl. Langebaan/Mykonos, Saldanha, Darling en Vredenburg en die Weskus Nasionale Park as 'n mens die omgewing wil verken."