Verified Reviews
Zinkwazi Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zinkwazi Beach
Rated 4.5 out of 5 based on 11 reviews.
"Gedurende piekseisoen is die parkeerarea by die hoofstrand totaal ontoereikend aangesien dit toegang tot die swemstrand, pizza-hut sowel as skibootklub se strandrestaurant bied. Die lagoon is ontoeganklik vir mense wat nie aangrensend daaraan verblyf het nie al word dit as toeriste-aantreklikheid genoem. Die huise met direkte strandtoegang weg van die hoofstrand is egter heerlik rustig en privaat. "
"Black Rock Park was oor die Junie 2019 langnaweek oorgeneem deur taxis en luide geraas oor die karre se luidsprekers was onaangenaam in die nabye omgewing. Daar is 'n telefoonnommer op die bord by die parkeerarea en daar was vinnige en flinke diens toe ons gebel het om die probleem aan te meld. Die hoofstrand is 'n Blouvlagstrand, maar die badkamers wat deur die munisipaliteit in stand gehou moet word was in 'n haglike toestand oor die langnaweek. Zinkwazi is 'n lieflike plek en behoort een van ons land se top bestemmings te wees vir diepsee-vissermanne en familie. Dit het 'n unieke atmosfeer wat herinner aan Sodwana. Naby die King Shaka lughawe en Ballito. Baie goed geleë vakansiebestemming."
"Zinkwazi is 'n juweel van 'n plek en ons sal vir seker terugkeer. Die strand-restaurant by die bootklub se diens is puik, hulle pryse billik en die kos heerlik."
"Daar moet dalk genoem word dat die klein kafee nie veel het nie en dat enige inkopies of petrol omtrent 30 km weg is"
"Daar is 'n openbare piekniekplek. Dit was elke dag vol dagbesoekers wat ook die strand gebruik het. Zinkwasi is 'n heerlike, rustige stranddorpie."
"Mooi strand vir die rustige tiepe vakansie. Inkopieplek by Zinkwazi kort aandag. "
"Die winkels en garage is net ver. So, sal aanbeveel dat jy jou goed saamvat. Dis 'n stil strand met baie rotse, maar dit pla my nie. Ek geniet dit om te hoor hoe naby jy aan strand is en elke brander kan hoor breek. "