Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1538 reviews.
"St Lucia is a great destination with Cape Vidal close by and also all the nice places to eat and chill."
"Die plaaslike regering doen duidelik nie veel om die algehele instandhouding van die plek op standaard te hou nie.cDie riete is in so 'n mate besig om alles toe te groei dat dit nou die oorsaak is dat Krokodille byvoorbeeld glad nie meer gesien word tydens die bootvaarte nie en die openbare toilette is in 'n baie swak toestand; by van die plekke binne in die park is dit so erg dat die mense maar liewer agter die buitekant hul ding doen want die toilette is so verstop en vol stront dat dit nie daar naby gewaag kan word nie. Die wildlewe is egter nog wonderlik. Die restaurante is ook van topgehalte."
"Cape Vidal is beter, veiliger en nie so betrek met mense nie. St. Lucia is nogsteeds netjies, maar die strande is te betrek met plaaslike mense en die rustigheid is volgens my ontneem. 'n Daggie af strand toe op 'n naweek of langnaweek is opsy geplaas en beslis eerder opsies volg."
"We absolutely love St Lucia. Nature and birds on our doorstep. We aren't huge beach people, so the bush aspect really appeals to us. Lovely little town with friendly locals."
"Baie voëllewe en mens kan ook lekker gholf speel! Die Raphia-palmwoud is ook ’n moet sien!"
"Amazing - clean, safe and all amenities - I was really impressed with the town. A vast improvement since I was last there. It's really lovely little town now. Well done to all that have made this huge difference."
"St Lucia is so 'n rustige klein dorpie - wildreservaat en see is teenaan mekaar. Almal was baie vriendelik en ek het glad nie onveilig gevoel om alleen rond te beweeg nie."
"'n Besoek aan die Pongolapoort Dam is 'n moet. Heerlike bootritte by die Tiger Lodge is 'n wenner."
"All the wildlife and gate entrance fees are quite expensive for local SA residents. "
"St. Lucia is surrounded by KZN parks, we managed to go to Eastern Shores, Western Shores and Hluhluwe. All within driving distance. The beaches are also beautiful with whales during this time of year. It is a gem, just a 2 1/2 hour drive away from Durban."
"Dit is duidelik dat daar mense is wat erg deur die COVID geaffekteer word. Het 'n wonderlike dag op die see gespandeer en 6 mooi Tunas gevang."
"Weens die pandemie het St. Lucia baie skade gekry, ek kom al vir 20 jaar daar so daar is baie mense wat my ken. Van die eetplekke wat ek besoek het laat die Wimpy en die bootklub veel te wense oor, die kliëntediens is baie swak en die bootklub se pryse is buitensporig. Om R145 te betaal vir 'n rumpsteak wat letterlik in my handpalm pas, 'n hoender wat net-net nie die steak toemaak nie en soos +- 20 skyfies is regtig belaglik. Ek het 'n foto geneem. want mense by die huis sal my nie glo nie. By die Wimpy dink hulle hulle doen jou 'n helse favour om jou te bedien. Van die lokale mense kom in sonder maskers en drentel daar rond. Ek het toe maar gereeld van Wavedancer se plek gebruik gemaak. Wel as daar nie baie vinnig dinge reg geruk in St. Lucia nie gaan dit 'n spookdorp word."
"St. Lucia is pragtig en absoluut uniek. Almal is baie vriendelik. Ons sal definitief weer kom kuier!"
"Dis ons lekkerbly-vakansieplek, kan sien dit gaan moeilik daar, ons sal aanhou ondersteun."