Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1538 reviews.
"A.g.v. droogte was water bietjie 'n probleem, maar wonderlike plek oor die algemeen, sal enige tyd weer besoek."
"Die omgewing daar is tipies platteland maar wat nogal vir my 'n bietjie van 'n irritasie was was dat ons nêrens by 'n see/strand kon uitkom nie en waar ons wel kon is ons nie toegelaat nie (Sodwanabaai en Khosibaai) weens die feit dat ons ons klein hondjie by ons gehad het en honde nie op die strande toegelaat word nie. In Mbazwana is daar die basiese winkels soos 'n Spar, ens maar nie veel te doen nie. Sodwana (± 10 km) het meer lekker kuierplekke, veral vir die jonger geslag. "
"We have enjoyed many a holiday in St Lucia and will continue to do so, as it is one of our favorite places to go. "
"Goede uitvalsbasis voor Cape Vidal, crocodile centre, NP hluhluwe-Imfolozi, boattrip on St Lucia Lake."
"Dam is prentjiemooi, oor damwal gery. Daar is 'n shopping mall. Nie baie ander dinge om te sien en te doen nie. Baie "rural" omgewing."
"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."
"St Lucia is stunning! Die dierelewe maak dit 'n baie spesiale plek. Die seekoeie loop sommer in die aande in die dorp en gras vreet. Cape Vidal het die lieflikste strand. Definitief 'n plek vir natuurliefhebbers!"
"It's a once in a lifetime experience. Would highly recommend the turtle tours. Absolutely amazing."
"Dit was heerlik maar ten spyte van vreeslike beheer en toegang by die strand was daar steeds drank en dronk vrouens so die toesig en toegangbeheer is nie effektief nie al betaal 'n mens 25/person om strand toe te gaan."
"Sodwana kort net 'n vulstasie en ordentlike winkels. 'n Mens wil nie altyd betaal om ietsie te gaan koop by die winkel/Spar in die park nie. Maar as jy nie baie wil doen nie en net regtig wil ontspan is dit die regte plek. Vir die tieners is dit te stil en hulle raak verveeld."
"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "
"St Lucia is die beste vakansiedorpie vir 'n gesin wat die buitelewe geniet. Dis 'n fantastise bestemming omdat 'n wildtuin en seevakansie in een gehou kan word. "
"Elektrisiteit is die area is baie goor en wisselvallig, gelukkig het Dumehlezi 'n groot generator wat automaties aanskakel wat dinge baie vergemaklik."
"Was 'n ongelooflike ervaring om die seekoeie snags in die strate te sien. "
"Baie waarskuwings gekry oor hoe jou goed gesteel kan word, en dat mens nie te waardevolle goed moet saamvat nie, maar het darem nie 'n slegte ervaring gehad nie. Dit is baie mooi en baie lekker by Sodwana. Sien uit om terug te keer eendag."
"Daar is baie gastehuise, nie almal lyk soos op die fotos nie, maar hulle is darem vriendelik en behulpsaam by die meeste plekke. Ons gaan gereeld tuis in gastehuise, aangesien ons mediese behandeling daar ontvang."