Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

@ Home

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabelstraat 689, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

@ Home is op 'n veilige landgoed met toegangsbeheer in Garsfontein, Pretoria. Dis naby verskeie winkels, restaurante, hoofweë, doendinge en besienswaardighede. Dit bied gehalteverblyf aan 'n gesin, sakereisigers en oornaggaste.

Die verblyf word in 3 smaakvol versierde eenhede gebied. Die een eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en die ander 2 eenhede het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag.

Die eenheid met slaapplek vir 4 gaste het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek wat ook as 2 enkelslaapbanke dien, 'n TV en 'n lessenaar.

@ Home #3 het oor 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n lessenaar.

@Home #5 het 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Ander geriewe sluit 'n TV, kombuis en stoep in.

Die verblyf het ook gratis WiFi en daar is 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Anne-mari O
5.0
Ek het lekker gebly, het regtig geen klagtes nie. Baie veilig, skoon en netjies. Ek het daar oorgebly agv my man wat in Pretoria-Oos Netcare was vir b...
Sien meer
Nov 2024
Gitesh M
5.0
Absolutely amazing with hospitality by the host - par excellence. We had booked all three rooms for an "after party" for a group of fri...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Gerrit L
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies en veilig. Baie lekker gebly. Gasheer 'hands-on' en ons welkom laat voel. Sal definitief aanbeveel.
Sep 2024
Lizelle V
Saam met vriende
5.0
Gasheer baie vriendelik en behulpsaam. Plekke baie netjies en baie mooi. Ja, ons het baie lekker gebly, baie dankie.
Sep 2024
Lizelle V
Besigheidsreis
5.0
Perfek. Dit was heerlik en die gasvrou en gasheer is baie vriendelik en hulpvaardig. Sal beslis weer daar bly.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marinus Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Mabelstraat 689, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink @ Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabelstraat 689, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47337d8f6df959e0c56e17aa4ea9b0fc8cf302a6d7abfafcca0f41314071ddabc439eaaad2e0b4e78dd8f3375224192c2b2f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 26 5 1 5 689 Mabel Street Garsfontein 0081 Gauteng 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -25.789183380765 28.305825559663

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang