Family Tides
-
Kapasiteit: 12 persone
8 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 116, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Family Tides is 'n selfsorgvakansiehuis in die idilliese kusdorpie Zinkwazi Beach, KwaZulu-Natal. Hierdie dubbelverdiepinghuis is 'n uitstekende keuse vir 'n groot gesin wat op soek is na 'n ontspanne vakansie saam.
Dié huis het slaapplek vir tot 12 gaste in 5 slaapkamers met 5 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers is albei ingerig met 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer is ingerig met 4-enkelbeddens vir kinders. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed. Linne, badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n ontbyttoonbank met stoeltjies en 'n etenstafel. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar vir die gaste se gerief. Die sitkamer is ingerig met oorgenoeg gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Alle leefareas het deure wat oopmaak op 'n balkon wat met buitemeubels, 'n tafeltennistafel, see-uitsigte en 'n swembad ingerig is. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot braaigeriewe, 'n omskakelaar vir die ligte en die proppe vir kragonderbrekings, en veilige parkeerplek van die straat af. Hierdie eiendom is naby strandtoegang en winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Kinderbed vir 1
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 46
Resensies 10
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Nkwazi-rylaan 116, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 12 persone
8 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 116, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang