12 Kersbospark
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vuurtoringstraat 16, Kersbospark 12, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R1 780 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
12 Kersbospark is 'n knus selfsorgkothuis met 'n grasdak in Kersbosstrand aan die rand van Dwarskersbos 90 minute vanaf Kaapstad. Kersbospark is 'n klein, veilige en ommuurde landgoed wat net vir inwoners toeganklik is. Die landgoed is baie stil en veilig vir troeteldiere en kinders.
Die huis het 'n pragtige uitsig op die Auroraberg en gaste kan die branders wat breek van die huis af hoor. Die 12 km lange strand is net 3 minute se stap weg.
12 Kersbospark bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea met 'n hoë grasdak. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens wat op versoek teen mekaar gestoot kan word. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n opwaskamer met 'n wasmasjien en 'n strykyster. Daar is 'n wasgoedlyn met pennetjies en 'n ekstra yskas-vrieskas vir vissermanne en gaste wat langer bly. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders en 'n knus kaggel vir koue wintersaande. Die leefarea maak op 'n onderdakstoep met 'n tafel en sitplek vir 8 gaste oop. Daar is 'n groot buitebraai-area in 'n lieflike inheemse tuin. Braaigeriewe en 'n potjie is beskikbaar. Die huis is troeteldiervriendelik en die erf is veilig. Daar is parkeerplek vir 3 voertuie in die oprit.
Die Kersbospark het 'n groot gemeenskaplike swembad waarvan gaste op eie risiko gebruik kan maak. Daar is 'n boorgat, so die swembad is altyd vol.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Bad
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Christie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Vuurtoringstraat 16, Kersbospark 12, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink 12 Kersbospark het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vuurtoringstraat 16, Kersbospark 12, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang