12 Portobelo Woonstel
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Portobello 12 Beach Boulevardweg, Diazstrand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
12 Portobello Woonstel is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in Diazstrand, Mosselbaai. Dié woonstel is perfek vir gaste wat op soek is na gemaklike verblyf, naby verskeie aktiwiteite binne die Tuinroete.
Hierdie woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n bad, 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke bring.
Die oopplan-leefarea het gemaklike stoele, 'n TV, 'n etenstafel, 'n enkelslaapbank en 'n kombuis, Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, wasmasjien, eetgerei en breekgoed. Die oopplan-leefarea lei na 'n balkon met 'n braai waar gaste saam hulle maaltye kan kook.
Gratis WiFi en veilige parkeerpek agter 'n elektriese hek is op die perseel beskikbaar. Die kompleks bied 'n gemeenskaplike braai-area en 'n swembad.
Mosselbaai bied 'n verskeidenheid aktiwtiteite soos bergfietsry, visvang, wynproe en besienswaardighede soos die Bartolomeu Dias Maritime Museum, die Garden Route Casino en die Cape Saint Blaise-vuurtoring.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Portobello 12 Beach Boulevardweg, Diazstrand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink 12 Portobelo Woonstel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Portobello 12 Beach Boulevardweg, Diazstrand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang