Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

137 @ Murray Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 100 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat 137, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 071 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Welkom by 137 @ Murray Guest House. Hierdie onderneming is in die hartjie van die luukse woonbuurt Brooklyn in Pretoria geleë. Ons hoogstaande gastehuis met sy houtvloere, snoesige kaggels, hoë patroonplafon en antieke afwerking weerspieël 'n atmosfeer van ouwêreldse bekoring.

137 @ Murray Guest House bestaan uit 4 huise met 27 stylvolle kamers, 2 rustige privaat tuine en 2 swembaddens. Ons het 'n verskeie akkommodasie-opsies: van baie privaat "executive"-suites, weggesteek in welige tuine, tot volledig toegeruste selfsorg-eenhede. Elke kamer is individueel versier om die argitektuur van daardie era te bewaar sonder om luuksheid in te boet. Ons het enkel-, dubbel- en gesinskamers en elke kamer is toegerus met 'n dakwaaier, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, TV met DStv en 'n kluis.

'n Welige tuin omring die swembad en skep 'n perfekte atmosfeer vir besoekers wat buite wil ontspan en ontbyt of tee wil geniet. Die intieme luuksheid, gehalte en elegansie van ons gastehuis noop gaste om keer op keer terug te keer. Ons het ook goed toegeruste konferensiegeriewe en 'n puik restaurant wat professionele spyseniering doen. 137 @ Murray Guest House is ideaal vir akademici, konferensiegangers, sakelui, sportentoesiaste en toeriste aangesien dit naby aan winkelsentrums, die sentrale sake-distrik, die Universiteit van Pretoria, sportstadions en besienswaardighede, soos die Uniegeboue en die dieretuin geleë is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Marga D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ongelooflike lekker verblyf. Netjies, generator beskikbaar tydens kragonderbreking.
Feb 2024
Monique E
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker met die vriendelikste en behulpsame personeel. Hierdie verblyf was seker nog 1 van die beste en mooiste plekker waar ek geslaal het! Alles...
Sien meer
Mrt 2023
Aljo S
5.0
Alles wat 'n gas nodig het, skoon en netjies met mooi tuine. Veilige rustige omgewing, skoon en netjiese kamers, lekker filterkoffie, geniet privaat s...
Sien meer
Feb 2023
Suzeth K
Gesin met klein kinders
4.8
Maklike oornag verblyf. Goeie oornag verblyf. Basiese geriewe. Mooi skoon en netjies.
Mrt 2024
Karien C
Saam met lewensmaat
4.8
Pragtige plek, vriendelike diens en vir seker waarde vir geld. Baie vriendelike en hulpvaardige diens maak altyd mens se verblyf ekstra lekker.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Bernice Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 55

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Murraystraat 137, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink 137 @ Murray Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 071
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 071
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 100 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat 137, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd001bcdad62e0e9157ec5acfd8359466485f32ea01c3081942e46e1c9adc098605d465f4bc57ed4c13dd1a7fe60046f4cef9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 071 per nag, vir 2 mense 30 5 1 5 137 Murray Street Brooklyn 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.762883680325 28.236500918665

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang