Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

15 Phezulu

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Phezulu 6, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R4 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

15 Phezulu is 'n selfsorgvakansiehuis in die eksklusiewe Zimbali Coastal Resort, aan die Noordkus van KwaZulu-Natal geleë. Dit is ideaal vir 'n kuswegbreek saam met vriende of 'n gesin, aangesien die oord met aktiwiteite vir die hele gesin spog.

Dié villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met 3 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, dubbelwasbak en 'n toilet met 'n bidet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Beide en suite-badkamers het 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die ruim oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, en daar is ook 'n toonbank met stoele. Gaste kan ook die skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër gebruik. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm slim-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die sitarea het stapeldeure wat na die beskutte stoep met nog 'n etenstafel lei en 'n gasbraai wat die ideale plek vir 'n skemerkelkie is. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek is in die oord beskikbaar. Daar is ook 'n omsetter wat die ligte en 'n paar kragproppe tydens beurtkrag ondersteun.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Spa-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Roxanne Geverifieer

Eiendomme 22

Resensies 12

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Phezulu 6, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 4 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Phezulu 6, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA906da82c679f31857b174978db41d83e01591a4c01cbb3bfdfa5ae4729af72117289ed428a48edc52fb05cb6025161efe497?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 200 per nag (plek vir 6) 6 Phezulu Zimbali 4418 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.562143 31.187868

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang