17 Kyalanga
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 20, Kyalanga, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
17 Kyalanga bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamer-woonstel met 'n see-uitsig. Die woonstel is in die Kyalanga-kompleks wat die strand front in Umhlanga.
Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die kamer lei na 'n balkon met 'n pragtige see-uitsig. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en maak gebruik van 'n gastebadkamer met 'n stort en 'n toilet.
Die woonstel het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond en 'n stoof toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en lei na 'n balkon met buitemeubels. Die eenheid het ook lugversorging en WiFi.
Gaste het toegang tot 'n parkeerplek en die gemeenskaplike swembad in die tuin. Die woonstel word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Die promenade loop reg voor die kompleks en is die ideale plek om te stap of draf.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Martin Geverifieer
Eiendomme 74
Resensies 173
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Marinerylaan 20, Kyalanga, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 17 Kyalanga het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 20, Kyalanga, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal