Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

212 On Main

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Moira E
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2024

Net die wegbreek wat ons nodig gehad het, gaan beslis weer daar bly. Die akkommodasie was eersteklas, vriendelike egpaar, sien julle gou weer, dankie vir alles.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Dankie Moira. Jy, Andrew en die dogters was wonderlike gaste. Ons is bly dat die weer darem so min of meer saamgespeel het. Dankie ook dat julle ons plek so netjies agtergelaat het. Julle is enige tyd welkom sou julle weer in die omgewing wees.

Barbara P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Beslis weer 'n besoek werd. Julle het 'n juweel met 'n asemrowende uitsig oor die see en lighuis. Dankie vir julle gasvryheid. Ons kom definitief weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Baie dankie. Julle was pragtige gaste. Ons is bly dat die weer saamgespeel het. Julle is altyd welkom by 212 on Main.

Theunis D
Kort verblyf
5.0
Mrt 2024

Rus, vrede en see. Dit was presies wat ons gesoek het. Rus en vrede, stilte en see! Die eenheid was ten volle toegerus, baie netjies en skoon. Baie gerieflike beddens. Voorsiening is gemaak vir ligte tydens loadshedding. Ons kan nie wag om weer te gaan nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Dankie Theunis. Julle was uitstekende gaste. By tye het ons nie eens besef dat julle wel daar was nie, omdat dit so stil was. Baie dankie ook dat julle die plek so netjies agtergelaat het. Julle is enige tyd welkom sou julle weer hier in die omgewing vertoef.

Adele D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2023

'n Stap in en hou vakansiehuis. Dankie vir die lekker naweek tenmidde van die storm wat ons net-net vrygespring het. Die pooltafel was vir die kinders 'n werklike toevlug in die weer wat ontstuimig was, maar die huis is so lekker ruim en warm dat die weer niemand gepla het nie, met genoeg komberse om almal knus te hou. Baie dankie vir die gasvryheid!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Dankie Adele. Ons is baie bly dat julle dit hier aan die Suidpunt geniet het. Hoop dat al die spiere herstel het na die Voet en die Toon. Julle het byna langer gebly as beplan met die dat ons vir vier dae afgesny was van die buitewêreld. Dankie weereens dat julle die plek so netjies agtergelaat het. Julle is altyd welkom as julle weer in die omgewing is.

Lucian P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2023

Die beste vakansie ooit. Rustige area. Uitsig oor die see was besonders. Netheid van verblyf. Groot ruimte. Ons maak gou weer so.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Dankie Lucian. Jy en jou familie was sulke rustige gaste en het die plek baie netjies gelaat. Baie bly dat julle die verblyf hier aan die Suidpunt geniet het. Julle is meer as welkom in die toekoms.

Nancy R
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Sep 2022

Beste plek om te bly. Netjies, skoon en die beste uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Dankie Nancy. Die manne was baie rustig en ons is bly dat hulle dit ook geniet het. Jammer vir die beurtkrag wat sake so deurmekaar gemaak het.

Bernard R
Kort verblyf
5.0
Jul 2022

Baie lekker. Ligging is uitstekend. Rustigheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Dankie Bernardt, Julle was van ons rustigste gaste. Bly julle het dit geniet en hoop om julle weer te sien.

Nadia A
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2022

Heerlik gekuier. Sal definintief weer terugkeer. Fantastiese plek. Uitstekende ligging. Goeie waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Dankie Nadia. Julle was fantastiese gaste en ons sien uit om julle weer te kan sien.

Gene O
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2021

Excellent location, wonderful views and friendly hosts. We had such a nice time, everything within walking distance, the hosts were very friendly and helpful, already recommended it to my friends!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Desmond
212 On Main
Thank you for the nice review Gene. You were fantastic guests and left our place in an immaculate condition. You are welcome anytime you are in the vicinity.

Michele D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Aug 2021

Fantastic place with beautiful view. I will definitely go there again and my son with his family also. Comfortable spacious clean and all beds are with quality mattress. I have had back problems and slept well. Definitely will recommend and will go again there. Thanks to Des and wife we enjoyed our stay it was difficult to pack up and come home. More than 5 star accommodation.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Desmond Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R1 983
per nag, vir 7 mense
Vanaf
R1 983
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 212, L'Agulhas, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARd4R0QI7B5fDvemnWW9nZWHqboGXEkEmugr8iVW2fIqEyPTiFC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 983 per nag, vir 7 mense 19 5 1 5 212 Main Road L'Agulhas 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.827993245407 20.009836601223

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang