22 Uluwatu
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zimbali Coastal-landgoed, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
22 Uluwatu is 'n selfsorg-villa op die luukse Zimbali Coastal-landgoed aan die Noordkus. Die landgoed spog met verskeie sake- en ontspanningsgeriewe en 'n privaat strand.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 kamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet en oopplan-leefareas. Al die kamers is op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-hemelbed. Die tweede kamer het 'n dubbelbed. Hierdie twee kamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad. Hierdie 2 kamers deel ook 'n balkon. Die derde kamer het 'n dubbelbed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die derde badkamer.
Die kombuis is toegerus om etes voor te berei en daar is 'n wasgoedarea. Die leefarea lei af na 'n onderdak stoep met 'n buitetafel en ingeboude braaigeriewe. Die stoep kyk uit oor die tuin en die plonspoel. Die huis spog ook met 'n TV-kamer bo en 'n dubbelmotorhuis met parkeerplek vir 2 voertuie.
Gaste het toegang tot die oord se geriewe soos swembaddens, tennis- en muurbalbane, die 18 putjie-gholfbaan, kroeë, 'n koffiewinkel, kinderaktiwiteite en trou- en konferensiegeriewe. Die oord is slegs 20 km vanaf die King Shaka Internasionale Lughawe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Marion Geverifieer
Eiendomme 29
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Zimbali Coastal-landgoed, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zimbali Coastal-landgoed, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal