24 Degrees Self-Catering
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 24 Degrees South, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
24 Degrees Self-Catering is net 25 km vanaf Hoedspruit op die R531. Dit is op 'n 90 hektaar-wildplaas en die uitsigte op die Blydeberge is pragtig. Die verblyf is naby die Byderivierpoort en die Krugerwildtuin, wat dit ideaal maak vir gaste wat die Laeveld wil verken.
Daar is 6 chalets en die Bush View Chalet het 'n oopplan-sitkamer met 'n kombuisie. Basiese selfsorggeriewe, soos 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskassie en 'n ketel word voorsien. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. WiFi is beskikbaar. Elke chalet het 'n onderdakstoep met meubels en braaigeriewe. Veilige parkeerplek word voorsien.
Waterside Cottage is 'n oopplan-kothuis teen 'n lieflike dam met 'n ingeslote tuin, boma en plonspoel. Die kothuis beskik oor 2 en suite-slaapkamers, 'n volledige kombuis, eetarea en sitarea met 'n toegeboude dek.
Studio Apartment is 'n oopplan-woonstel wat oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, sitarea en 'n eetarea beskik. Gaste het ook toegang tot 'n kantoor en 'n boma, en kan die uitsig op die berge geniet.
Farm House beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en 'n sitarea. Daar is ook 'n braai-area met 'n uitsig oor die natuurreservaat.
Red Rock Villa is 'n moderne oopplan-slaapkamer met 'n volledig toegeruste kombuis, stoepbraai en 'n privaat swembad.
Tydens beurtkrag is die ligte, water en WiFi steeds bruikbaar, en daar is ook waaiers wat met batterye werk en 'n gasstoof.
24 Degrees South is 'n klein, privaat natuurreservaat en gaste is welkom om te gaan stap of fietsry op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Tegan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 24 Degrees South, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink 24 Degrees Self-Catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 21 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 24 Degrees South, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang