27 On Ray
Kry 30% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Apr 2025 tot 30 Okt 2025.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ray-singel 27, Britannia Reef, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 595R1 117 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
27 On Ray is in Britannia Reef in die kusdorpie Britanniabaai geleë en bied lieflike vakansieverblyf. Dié eenheid is stapafstand, sowat 400 m, vanaf die strand, 90 minute vanaf Kaapstad, 35 km vanaf Vredenburg en die Weskus Mall, en ongeveer 20 km vanaf Paternoster. Die rustigheid en ontspanne atmosfeer van die Weskus is sommer aansteeklik.
Verblyf beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Een badkamer het 'n bad en 'n stort en die ander het slegs 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, wasmasjien, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. WiFi is ook beskikbaar. Gaste is ook welkom om hul eie dekodeerder saam te bring indien hulle meer kanale verkies. Daar is 'n addisionele koppelpunt. Die eenheid het 'n binnebraai-area op die beskutte kuierstoep, wat perfek vir enige weerstoestande is.
Die huis het ook 'n alarmstelsel en diefwering voor die vensters.
Gaste kan uitsien na die Suidelike Noorkappers en boggelrugwalvisse wat vir sowat 10 maande van die jaar te sien is, sowel as meer as 200 voëlspesies en pragtige blomme in die lente.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Samantha Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 67
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Ray-singel 27, Britannia Reef, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink 27 On Ray het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ray-singel 27, Britannia Reef, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap