Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

30 Lichtenstein

Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Lichtensteinstraat 30, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

30 Lichtenstein is in Swellendam geleë, die gastehuis is ideaal geleë in 'n stil woonbuurt, vol bome en ander plantegroei.

Verblyf word gebied in 2 gastekamers en 1 selfsorg-eenheid.

Die 2 aparte gastekamers is tussen 2 woonstelle geleë. Elke gastekamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Gaste het toegang tot hul eie badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. 'n Ruim sitkamer met 'n groot tafel, gemaklike stoele en kaggel wat direk vanaf die gastekamers toeganklik is.

Akkerboom Selfsorg bied slaapplek aan 3 gaste en is ingerig met 1 driekwartbed en 'n dubbelslaapbank. Die en suite-badkamer het 'n stort. Die eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas, oond en stoof asook tee- en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe sluit 'n tafel met 2 stoele en 'n TV in.

Al die eenhede beskik oor 'n balkon met uitsigte oor die Swellendamberge.

30 Lichtenstein is reg langs die Marloth Natuurreservaat geleë, wat binne 'n paar minute se stap van die huis af is.

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jonathan M
Saam met lewensmaat
5.0
Brilliant! Unbelievably friendly hosts, wonderful accommodation - needed a couple of days to really appreciate everything on offer.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Pieter V
Saam met lewensmaat
5.0
Vyf uit vyf! Baie mooi, netjiese en veilige verblyf. Word sterk aanbeveel.
Okt 2024
Yvonne C
Saam met lewensmaat
5.0
Ek sou langer bly as ek kon. Dit was fantasties. In al die jare van wegbreek vir 'n paar dae was dit ongelooflik lekker, vreedsaam en waarde vir geld....
Sien meer
Okt 2024
Gerrit V
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik. Ruim. Lig. Vriendelik. Lae-rentekoers omgewing. Detail om gerieflik te maak is opvallend.
Sep 2024
Jaco D
5.0
Lekker geslaap. Vreeslik mooi area en vriendelike eienaars.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Annelie En Lood Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Lichtensteinstraat 30, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink 30 Lichtenstein het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Lichtensteinstraat 30, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ0MDcwMDBmLWZkNDYtNGRiYy1iNjdkLTNlNzJjZmU1ZGU4ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 85 5 1 5 30 Lichtenstein Street Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -34.013845217362 20.457602441311

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang