32 Malibu at Beverly Hills
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hoek van Leonora- en Jacqueline-rylaan, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R880 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
32 Malibu at Beverly Hills is 'n selfsorgwoonstel in die veilige, ten volle omheinde Beverly Hills Eco Estate in Ballito. Dié eenheid is op die grondverdieping en het 'n groot onderdakstoep en 'n gedeeltelike see-uitsig. Gaste kan die woonstel via trappe bereik.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n bad.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Dié leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel en 6 stoele. Malibu het 'n privaat lapa. Daar is 'n toesluitdubbelmotorhuis en een oop parkeerplek. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en klubhuis met 'n gimnasium, sauna, tafeltennis, pooltafel, tennisbane, 'n klimraam en braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Doreen Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 56
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Hoek van Leonora- en Jacqueline-rylaan, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hoek van Leonora- en Jacqueline-rylaan, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang