402 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kusweg 132, Hibernian Towers 402, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
402 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie is 'n lieflike woonstel vir 3 mense in Strand, en is oorkant die pad van die strand geleë.
Die ateljeewoonstel kyk uit oor die see en baai en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind. Die slaaparea is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n opblaasmatras is beskikbaar vir 'n kind. Die badkamer het 'n bad, 'n stort en 'n toilet, en vir gerief word linne en badhanddoeke voorsien.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die ontbytkroeg geniet word. 'n Skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar vir gebruik.
Die leefarea is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, asook WiFi-toegang, en maak oop op 'n balkon met 'n gasbraai.
Die luukse Hibernian Towers bied veilige parkeerplek, 24 uur-toegangsbeheer, en gaste het toegang tot 2 restaurante, 'n spa, 'n haarsalon, 'n geriefswinkel, 'n stoomkamer, 'n gimnasium, asook 'n binnenshuise swembad.
402 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie is binne 1 km vanaf verskeie kafees en restaurante geleë, en die uitgestrekte strand bied doendinge soos branderplankry, visvang, swem, sonsondergangvaarte en walviskyk in seisoen. Gaste kan ook die Strand Waterworld & Fun Park besoek, 'n potjie putt-putt speel, gholf, of die Helderberg-wynroete verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Hanlie Geverifieer
Eiendomme 20
Resensies 192
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kusweg 132, Hibernian Towers 402, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink 402 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kusweg 132, Hibernian Towers 402, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang