Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

485 on Teresa

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Teresa-laan 485, Die Wilgers, Pretoria, 0184, Gauteng
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

485 on Teresa bied bekoorlike selfsorg-eenhede in die stil buurt, The Willows, in Pretoria. Die eenhede is op die grondverdieping op 'n sekuriteitslandgoed en skuil in die verste hoekie van die eienaar se perseel.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede wat die ateljee en die kothuis insluit. Albei eenhede het slaapplek vir 2 gaste. Die ateljee het 'n dubbelbed en daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe sluit 'n kombuisie met 'n mikrogolf, yskas, induksiestoofplaat, 'n TV met DStv, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Die kothuis het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is 'n yskas, mikrogolf, stoof, oond, broodrooster en 'n ketel in die kombuis.

Ander geriewe op die perseel sluit 'n braai-area, WiFi en veilige parkeerplek in. Let asb. daarop dat slegs 1 voertuig per eenheid op die perseel toegelaat word. Die eenhede word 1 maal 'n week op 'n Woensdag gediens.

Veiligheid is uiters belangrik en vreemdelinge op die perseel word as indringers hanteer. Geen besoekers en ekstra voertuie word sonder vooraf toestemming deur bestuur toegelaat nie.

Die eenhede is naby Willowbridge Hoërskool, The Grove Winkelsentrum, Deutsche Schule Pretoria, Pick 'n Pay, Hospice Lynnwood, Masonic Haven, en Wilgers Hospitaal.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Robert G
Besigheidsreis
5.0
Great, would stay again. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Danie S
5.0
Heerlik gebly. Baie oulike plekkie en vriendelike gasvrou, sal 485 on Teresa vir reisigers aanbeveel. Ek het baie lekker gebly en die akkommodasie het...
Sien meer
Jul 2024
Mari D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie oulike plekkie en vriendelike gasvrou, sal 485 on Teresa vir reisigers aanbeveel. Baie oulike plekkie en vriendelike gasvrou, sal 485 on Teresa v...
Sien meer
Jun 2024
Lida P
Saam met lewensmaat
5.0
Voldoen definitief aan volgende: Vriendelik, gasvry, skoon, netjies en sal aanbeveel! Eienaar van 485 on Teresa het ons baie goed ontvang, plek is in ...
Sien meer
Sep 2023
Anna L
5.0
Rustig. Lekker gebly en sal beslis weer gebruik.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Amelda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Teresa-laan 485, Die Wilgers, Pretoria, 0184, Gauteng
  • Gaste dink 485 on Teresa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Teresa-laan 485, Die Wilgers, Pretoria, 0184, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA59fda603afd0691b676b478e5b5e2f1398b67617164448b04fed7701f9690e9e59e798c491d1c2aae8dcaab0ade5436817c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 56 5 1 5 485 Teresa Avenue Die Wilgers 0184 Gauteng 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -25.758010369884 28.315595090389

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang