6 Oceantide
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: London-weg 26, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
6 Oceantide is 'n knus en oulike selfsorgwoonstel in 'n bekoorlike gebou in die hartjie van Seepunt. Dit is ideaal vir 'n romantiese wegbreek aangesien dit in 'n opwindende area is en ook stapafstand vanaf die Seepunt-promenade is.
Hierdie ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n oopplan-uitleg. Daar is 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Vars, wit linne word voorsien.
Die badkamer-area lei na 'n knus sitarea met 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank toegerus.
Die skuifdeure van die sitarea lei na 'n lieflike balkon met 'n tafel en 2 stoele wat die perfekte plek is om 'n koppie koffie in die oggend te geniet. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike kuierarea met 'n sitarea en 'n binnenshuise swembad.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Emily Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- London-weg 26, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink 6 Oceantide het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: London-weg 26, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap