63 Sabuti HL475
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tamboti-weg, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 790 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
63 Sabuti HL475 is 'n selfsorg-vakansiewoonstel op die tweede verdieping op die veilige Simbithi Eco Estate in die hartjie van Ballito, slegs 30 minute se ry vanaf Durban en 20 minute se ry vanaf King Shaka Internasionale Lughawe. Die landgoed bied 4 gemeenskapsentrums met swembaddens, 'n rugbyveld, putt-putt, piekniekarea, braaigeriewe, stap- en fietsryroetes, oorvloedige voël- en dierelewe. Daar is 'n eksklusiewe 18 putjie-gholfbaan wat deur Peter Matkovich ontwerp is, The Simbithi Country Club met 'n kroeg, sitkamer, gratis WiFi en die bekende Fig Tree Restaurant. 'n Veilige speelgrond vir kinders is ook beskikbaar.
Die woonstel het lugversorging en bied verblyf aan tot 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet en oopplan-kombuis, eet- en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en twee wasbakke. Dié kamer het skuifdeure wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en ander klein toebehore, asook 'n ontbyttoonbank. Die eetarea het 'n etenstafel vir 10 gaste. In die sitarea is rusbanke en 'n platskerm-TV. Stapeldeure lei na 'n onderdakbalkon met meubels en braaigeriewe. Van hiér af is daar 'n oop balkon met sonstoele en pragtige uitsigte oor die see.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ballito.net Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 34
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Tamboti-weg, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 63 Sabuti HL475 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Simbithi Eco Estate Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tamboti-weg, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang