Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7 @ Vanderschyff

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

7 @ Vanderschyff bied verblyf in ruim woonstelle vir 5 gaste elk in Annlin, Pretoria. Verblyf is beskikbaar in 3 selfsorgeenhede.

7A @ Vanderschyff het 'n privaat ingang en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n enkel-uitvoubed. Die eenheid het 'n badkamer met 'n stort en toilet. Daar is ook 'n gerieflike dubbelslaapbank in die leefarea. Die kombuisie in die leefarea is met 'n mikrogolfoond, yskas, elektriese braaipan, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Dié eenheid is ideaal vir 'n gesin van 5.

7B @ Vanderschyff beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is nog 'n enkelbed vir 'n derde gas wat met 'n afskorting van die hoofslaapkamer, geskei is. Daar is 'n gemaklike dubbelafslaanbed in die leefarea. Die eenheid het ook 'n volledige kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n ruim leef area met 'n sessitplek-sitkamerstel, asook 'n etenstafel met 6 stoele. Die eenheid het sy eie ingang en stoep met sitplek. Daar is 'n klein kluis vir waardevolle items en die eenheid word met 'n alarmstelsel beveilig.

7C @ Vanderschyff beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat omskep kan word in 2 enkelbedens. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n toilet, wasbak, stort en bad. Daar is ook 'n enkelbed in die leefarea. Daar is n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ketel, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea het ook 2 rusbanke en 'n etenstafel met 6 stoele. Verder het die eenheid sy eie ingang en 'n mooi tuintjie wat omhein is. Daar is ook n stoepie onderdak met 'n sitarea.

Gratis WiFi is in al die eenhede beskikbaar. Veilige skadunet-parkeerplek is agter 'n sekuriteitsheining en -hekke beskikbaar.

Die verblyf is naby Montana Hospitaal en Eugene Marais Hospitaal, en 6,3 km vanaf Steve Biko Hospitaal. Onderstepoort en Rosslyn, die Kolonnade- en die Wonderboom-winkelsentrum is ook nabygeleë. Die Wonderboom Lughawe is 6,6 km van die woonstel af en die Pretoria Nasionale Dieretuin is net 4,5 km ver. Die woonstel word ook maklik van die N1 af bereik.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Robyne K
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklik, gerieflik en die belangrikste skoon en netjiese beddegoed. Dit was skoon, rustig en ons het lekker geslaap. Alles wat ons nodig gehad het vi...
Sien meer
Sep 2024
Clarisa E
Saam met vriende
5.0
Vriendelike diens. Klein maar het alles wat ons nodig kon hê. Bietjie klein, maar ons het net een nag gebly en ons het niks kortgekom nie.
Sep 2024
Herman V
5.0
Skoon, netjies en baie vriendelike diens. Sien sterre.
Aug 2024
Jn B
Gesin met tieners
5.0
Tuis gevoel. Baie netjies en skoon. Groot spasie met 'n lieflike tuin wat privaat is.
Aug 2024
Pieter V
Saam met vriende
5.0
Lekker gekuier. Mooi veilige plek, sal vir seker weer daar bly.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Adrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Gaste dink 7 @ Vanderschyff het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnEpecMN8KSpTKqGWRtDwyGGDxxMzxj9O4VFumwrXjDchbrgW36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 67 5 1 5 7 Van Der Schyff Street Annlin 0182 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.687417524037 28.194542148479

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang