Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7 on South

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: South-straat 7, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

7 on South is in Bredasdorp, 'n area wat veral bekend is vir talle historiese kerke, kunsgalerye en handwerkwinkels. Die perfekte oornagplek wat geskik is vir alleenreisigers, paartjies en gesinne.

Verblyf bestaan uit 3 eenhede wat 7 on South en The Loft insluit wat geskik is om tot 8 gaste in totaal te akkommodeer, en 1 en suite-kamer wat 2 gaste akkommodeer.

7 on South het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer wat met 'n koningingrootte-bed ingerig is en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die oopplan-sitkamer het 'n dubbelslaapbank vir 2 gaste. Die tweede badkamer het 'n stort. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe en daar is 'n eetarea. Die leefarea het ook 'n ingeboude braai en 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi.

The Loft is 'n pragtige eenslaapkamer-selfsorg-eenheid wat op die eerste verdieping geleë is. Die eenheid is ingerig met 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en 'n dubbelslaapbank en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ander geriewe sluit 'n leefarea en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe in. Hierdie eenheid beskik ook oor 'n werkstasie, DStv en WiFi.

Die en suite-kamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, 'n mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamer het 'n TV met DStv-kanale en WiFi. Daar is ook 'n privaat ingang en patio met braaigeriewe.

Oorgenoeg onderdakparkeerplek is beskikbaar vir voertuie, sleepwaens en fietse.

7 on South is binne 1 km vanaf verskeie winkels en restaurante geleë, en gaste kan die PE Roux-gedenktuin, die Skeepswrakmuseum besoek, 'n geskiedkundige wandeling deur die dorp neem of die Heuningberg-natuurreservaat besoek vir stap- en voëlkykgeleenthede.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Philip V
Gesin met tieners
5.0
Oornag. Baie netjies en ruim. Goed toegerus. Rustig en stil. Sal weer bespreek.
Okt 2024
Johan G
5.0
Puik akkommodasie met baie gasvrye eienaars. Ek het heerlik gebly.
Okt 2024
Piet S
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer van die gasvryheid gebruikmaak. Baie lekker gebly, veilig en skoon.
Aug 2024
Jacqui P
Saam met vriende
5.0
Perfect venue. Host was totally awesome. Checked if all was in order regularly. Pleasant place to be at. Thanks.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Esmarie R
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend! Ons sal met vrymoedigheid die verblyf aanbeveel. Uitstekend! Ons sal met vrymoedigheid die verblyf aanbeveel.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Wilma Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • South-straat 7, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink 7 on South het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: South-straat 7, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA834491f264b7ff16065b801a9dcc91818d1b458deb060edf80ad3a402ba238e1c38bfa7a4f2641272b9be7f679df3e5e9f00?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 7 South Street Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.53900166953 20.043810838074

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang