8 On Eagle
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eagle-weg 8, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
8 On Eagle is 'n knus selfsorgwoonstel met 'n aparte ingang op die grondverdieping van die eienaar se huis in Umtentweni. Dit is ideaal vir 'n rustige vakansie saam meet geliefdes of vir 'n sakereis.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met 2 stoele en 'n slaapbank vir 'n kind. Daar is ook 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar.
'n Glasskuifdeur lei na 'n onderdakstoep met 'n buitetafel en gasbraaigeriewe waar gaste 'n skemerkelkie saans kan geniet. 'n Braai waarin gaste met hout kan vuurmaak is beskikbaar op versoek. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Bernd Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Eagle-weg 8, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 8 On Eagle het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umtentweni Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eagle-weg 8, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang