8 Oyster Crescent
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oyster-singel 8, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
8 Oyster Crescent bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n dubbelverdiepinghuis in 'n rustige area in Umhlanga. Dit word omring deur bome en die gekwetter van voëls.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Op die onderste verdieping is daar 'n lekker sitarea, eetkamer en kombuis wat toegerus is met 'n groot yskas, mikrogolf, ingeboude oond en stoof en skottelgoedwasser. Daar is ook 'n gastetoilet op die onderste verdieping. Die stoep is veilig en gaste kan sit en kyk hoe kinders of troeteldiere in die tuin en swembad baljaar terwyl hulle gebruikmaak van die ingeboude braaigeriewe langs die stoep.
Addisionele geriewe sluit 'n dubbelmotorhuis vir veilige parkeerplek, ekstra gasteparkeerplek, 'n wasmasjien, tuimeldroër, TV in die sitarea met die volledige DStv-pakket, gratis WiFi, lugversorging en plafonwaaiers in.
Die huis is 'n kort entjie se ry van Umhlanga Village af waar daar restaurante, kroeë en winkels is. Umhalnga-strand en -promenade is ook net 'n vinnige motorrit van die huis af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Karyn Geverifieer
Eiendomme 37
Resensies 154
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Oyster-singel 8, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 8 Oyster Crescent het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oyster-singel 8, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal