9 on Chartwell
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Chartwell-rylaan 52, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
9 on Chartwell is 'n selfsorgwoonstel naby Umhlanga-strand in KwaZulu-Natal. Die woonstel het 'n see-uitsig en is perfek vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n ontspannende vakansie.
Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, bidet, stort en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak ind ie tweede badkamer. Die oopplan-woonstel beskik oor 'n sitarea en 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolfond, stoof, ketel en 'n wasmasjien toegerus is. Daar is ook 'n kombuistafel met sitplek vir 4.
Ander geriewe sluit ook TV en WiFi in. Die woonstel het 'n stoep en 'n buitesitarea. Veilige parkeerplek agter 'n geslote hek is beskikbaar en gaste het toegang tot die swembad op die perseel.
Aktiwiteite in die omgewing sluit voëlkyk, fietsry, swem en visvang in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Filip Geverifieer
Eiendomme 11
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Chartwell-rylaan 52, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Chartwell-rylaan 52, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal