A Wave From It All
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Palingstraat 226, Oesterbaai, 6305, Oos-Kaap
- Vanaf R3 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
A Wave From It All is 'n ruim vakansiehuis in die kusdorpie Oesterbaai en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 en suite-slaapkamers wat elk 'n skuifdeur het wat toegang bied tot die stoep of die balkon. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrotte-bed en 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 'n koninggrootte-bed het. Daar is bad- en stortgeriewe in die huis.
Die hoofleefarea is op die boonste verdieping en het 'n oopplan-kombuis, eet- en sitarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en 'n koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser in die aparte opwaskamer. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die leefarea maak oop op 'n balkon met 'n ingeboude braai en spog met 'n see-uitsig.
Op die grondverdieping is daar 'n ander leefarea met 'n kaggel, sitplek en 'n TV met 'n vol DStv-pakket. Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep en tuin. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n dubbel-toesluitmotorhuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 2
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
elmarie Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 26
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Palingstraat 226, Oesterbaai, 6305, Oos-Kaap
- Gaste dink A Wave From It All het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oesterbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Palingstraat 226, Oesterbaai, 6305, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang