Aan-den-Weg
Kry 15% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 24 Okt 2024 tot 30 Apr 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 960R1 666 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Hartlike gasvryheid wag op jou by Aan-den-Weg, 'n wyn- en roosplaas wat net 10 km van Stellenbosch af geleë is. Gaste wat hier tuisgaan word omring deur roosplantasies, wingerde, vrugteboorde en luisterryke uitsigte. Dis 'n absolute paradys vir natuurliefhebbers en 'n toevlugsoord waar besoekers weer vrede kan vind.
Die verblyf word aangebied in 2 eenhede wat elkeen 'n toegeruste kombuisie met 'n yskassie, oond of 'n lugbraaier en 'n mikrogolfoond, broodrooster, ketel en warmplate. Al die kamers is koel in die somer, bied pragtige uitsigte en is met vars rose versier. Petra bedien Maandae tot Vrydae heerlike ontbyt op die stoep, maar gaste moet dit 2 dae vooruit reël. Ander geriewe in die kamers sluit gratis WiFI, sonpanale, haardroërs en platskerm-TV's met sekere DStv-kanale in. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit en is Maandag tot Saterdag beskikbaar. Daar is 'n skaduryke stoep met braaigeriewe en parkeerplek op die perseel.
Aan-den-Weg is ideaal vir gesinne, wynliefhebbers en besoekers wat die Kaapse Skiereiland en -Wynlande wil verken. Dit is geleë in Stellenbosch Kloof, in die hartjie van die Stellenbosch Wynroete en net 20 minute se ry van die lughawe af. Dit is nét die plek vir die begin of einde van jou rustige vakansie.
Koel af in die groot oefenswembad op die perseel, lees of ontspan net lekker terwyl jy jouself verlustig in die asemrowende berg-uitsigte. Verloor jouself in die plattelandse atmosfeer. Kyk vir die voëltjies bedags en die pragtige sterre snags. Sit in die natuur of op die stoep met 'n glasie wyn in die hand. Laat jou gashere toe om jou bekend te stel aan die aktiwiteite op die plaas.
Die druiwe word in Februarie en Maart geoes. Stap tot op die heuwel op die plaas (3 km) en tussen 6 hektaar se roosplantasies en 64 hektaar wingerde. Geniet die kaleidoskopiese uitsigte van die wingerde wat oprank teen die Stellenbosse berge. Gaste kan heerlike maaltye geniet binne 'n 3-5 km-radius vanaf die plaas by die wynlandgoedere Jordan, Vredenheim, Neethlingshof en Spier.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Tee
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Petra Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 20
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
- Gaste dink Aan-den-Weg het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang