Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Absolute Farenden

  • Kapasiteit: 80 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • Vanaf R920 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Absolute Farenden, in die hartjie van Hatfield in Pretoria, is 'n nuwe woonstel-hotel wat die toppunt van klas en verfyndheid verteenwoordig.

Dis ideaal geleë vir sakereisigers, naby ambassades en Pretoria se middestad waar meeste regeringsdepartemente, insluitend die nuwe Internasionale Sakegebou, geleë is. Die hotel is ook naby sportgeriewe, soos die High Performance-sentrum verbonde aan die Universiteit van Pretoria en Loftus Versfeld. Besienswaardighede naby ons sluit die Uniegebou, die Botaniese Tuin, Paul Kruger-plein en die Voortrekkermonument in.

Daar is 40 eenhede wat ruim en gerieflik ontwerp is om 'n warm atmosfeer te skep. Die idee met die ontwerp was om weg te beweeg van die konvensionele hotelkamer, sodat gaste hul eie maaltye in die volledig toegeruste kombuise kan voorberei. Elke eenheid het lugversorging, sekere DStv-kanale en WiFi. Die perseel bied 24 uur-sekuriteit en gratis parkeerplek.

Daar is winkelsentrums, banke en verskeie restaurante in die omgewing en ons sal jou help om 'n deftige restaurant of wegneemeetplek te kies.

Ons wil verseker dat jou verblyf by Absolute Farenden 'n ervaring is wat jy met kollegas en vriende sal deel en dat jy sommer gou weer by ons sal aanklop.

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Natalie E
Saam met vriende
5.0
Baie lekker oorgebly, baie veilige parkering. Baie lekker, alles mooi skoon en netjies. Die enigste probleem is dat daar gaste is wat in die kamers ro...
Sien meer
Sep 2024
Michelle T
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, skoon, mooi plek om te oornag. Baie gerieflike plek naby Loftus en pragtige uitleg. Ons sal julle definitief weer in die toekoms gebruik. Ons...
Sien meer
Sep 2024
Lizan S
Saam met vriende
5.0
Wonderlik! Dit was 'n heerlike ervaring. Sal beslis weer daar bly.
Sep 2024
Michelle C
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies, modern, veilig en vriendelike diens. Ja, definitief lekker gebly.
Jul 2024
Niel S
Gesin met tieners
5.0
Perfekte ligging. Loopafstand na Loftus. Veilige area. Kamer was netjies en skoon. Sal weer by Absolute Farenden oornag.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Madalize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • Gaste dink Absolute Farenden het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R920
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R920
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 80 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYnDrP0yN8zJusPdEApHsFYUqehGyiaBsjOQZLVrEvg7zzizmmY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag (plek vir 2) 44 5 1 5 396 Farenden Street Arcadia 0028 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.749485 28.2205

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang