Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

A'Damsview

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Loeriestraat 40, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

A'Damsview is in Gariepdam en bied ‘n pragtige uitsig oor dié dam. Dis sowat 5 km vanaf die N1 en ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg.

Daar is 3 standaard-eenhede, 4 luukse eenhede en 1 soldereenheid.

Elke luukse eenheid het ‘n slaapkamer, badkamer en 'n kombuisie met pragtige uitsigte. Verder is daar 'n kaggel vir die koue winteraande, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het ook toegang tot 'n braai-area. Die standaard-eenhede is ideaal vir oornag en bied tee- en koffiemaakgeriewe, maar geen uitsig nie.

Die standaardeenhede is ideaal vir oornagverblyf en is nie vir selfsorg toegerus nie. Dit het ook nie 'n uitsig nie. Daar is wel tee- en koffiemaakgeriewe.

Die solderkamer her 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is 'n badkamer met 'n spabad en stort. Ander geriewe sluit 'n TV met DStv-kanale, lugversorging, 'n balkon met 'n tafel vir 6 en 'n Weberbraai. Die eenheid het 'n lieflike uitsig oor Gariepdam.

Die gebou, nie die slaapkamers nie, bied geslotekringtelevisie. Troeteldiere word toegelaat, indien dit vooraf gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 615 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Jurietha R
Gesin met tieners
5.0
Onvergeetlik. Vriendelike personeel. Uitstekende geriewe. Pragtige uitsig.
Des 2024
Marius M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantabulous, sal definitief weer teruggaan. Ongelooflike tyd gehad by die plek, asemrowend, alles was net mooi.
Des 2024
Zain M
5.0
Stunning views. Excellent location, and stunning views.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Leonie K
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Ons het lekker gebly. Dankie. Sal dit beslis aanbeveel.
Des 2024
Venishke K
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, veilig, goeie diens, vriendelik. Baie lekker plekkie. Sal definitief weer hier kom bly. Baie goeie diens en vriendelike mense.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Sonika Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 626

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Loeriestraat 40, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Gaste dink A'Damsview het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gariepdam Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Loeriestraat 40, Gariepdam, 9922, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6e9c8a10981dc4526dbb16f7873b0ee22e070a413c5129200a4fcc039b5fad272c83fb5e522ed9e42b0c1db47f0eb37645d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 615 5 1 5 40 Loerie Street Gariep Dam 9922 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -30.601212841884 25.498506259928

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789