Adventure Bush House
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisweg 1602, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Adventure Bush House is 'n selfsorgvakansiehuis in Marlothpark, 'n wildreservaat wat reg teen die suidelike grens van die Krugerwildtuin geleë is. Die dorp spog met vier van die Groot 5 asook vrylopende wild soos koedoes, sebras, kameelperde, blouwildebeeste, bobbejane, bosbokkies, blouapies, njalas, rooibokke, vlakvarke en volstruise.
Die vakansiehuis bied slaapplek aan 8 gaste met 3 slaapkamers en 2 badkamers. Gaste kom die huis binne via die stoep waar daar ingeboude braaigeriewe is, sowel as 'n swembad en sondek. Die eerste kamers in die huis is die oopplan-leefarea en -kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n groot yskas, vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die oopplan-leefarea het 'n groot etenstafel, 'n TV en gemaklike leunstoele om in te ontspan. Die grondverdieping het ook 'n gaste-toilet en die hoofslaapkamer spog met 'n koningingrootte-bed en ruim en suite-badkamer.
Daar is trappe wat lei na die eerste verdieping waar die tweede en derde slaapkamers en 1 badkamer is. Elkeen van die kamers het 'n koningingrootte-bed en 1 enkelbed en bied toegang tot die groot stoep op die boonste verdieping vanwaar gaste die uitstekende uitsigte en sonsondergang oor die park kan waardeer. Dit is ook die ideale plekkie vanwaar gaste die Krugerwildtuin in die verte kan sien en die verskeie wildsoorte kan besigtig wat die nabye watergat kom besoek.
Braaigeriewe is op die onderdak-stoep op die onderste verdieping beskikbaar, en daar is ook 'n buitelug-vuurput sowel as 'n plonspoel om in af te koel. Gratis WiFi is beskikbaar op die perseel. Die stoof en warm water werk met gas. Die WiFi, ligte en die hele sekuriteitstelsel is aan 'n rugsteunstelsel gekoppel.
Die eenheid is baie veilig en gaste kan alle hekke op die perseel toemaak, veral wanneer dit donker raak, en dan heerlik rondom die vuur sit en na die naggeluide van die bos luister.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
1 x Kinderbedjie
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
1 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Peter Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 13
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Volstruisweg 1602, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
- Gaste dink Adventure Bush House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisweg 1602, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang