Airlie Road Family Retreat
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Airlie-weg 9, Bergvliet, 7945, Wes-Kaap
- Vanaf R3 080 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Airlie Road Family Retreat is 'n bekoorlike huis in die gesogte, lowerryke woonbuurt Bergvliet en bied ruim, gerieflike selfsorgverblyf naby Constantia. Dit is die ideale opsie vir familie en vriende wat ontspannnende vakansieverblyf met vermaak soek.
Dié huis beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n aparte toilet. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met stortgeriewe. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n bed vir 'n kind. Die vierde slaapkamer het ook 'n bed wat vir 'n kind geskik is. Die gedeelde badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n kaggel, gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix. Hierdie area lei na 'n vermaakarea met buitesitplek en 'n eetarea met 'n uitsig oor die kinderspeelarea.
'n Trampolien, Weber-braai en 'n swembad is beskikbaar. Gedeelde parkeerplek word voorsien en die motorhuis sluit 'n trapmeul, basiese gimnasiumtoerusting en 'n ekstra yskas en vrieskas in. Die bestuurder op die perseel woon in 'n privaat kothuis met twee katte, apart van die gaste-areas.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Airlie-weg 9, Bergvliet, 7945, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bergvliet Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Airlie-weg 9, Bergvliet, 7945, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang